NewsNews

Huis Lelieveld se ds Douw kuier in Parys

Huis Lelieveld se ds Douw kuier in Parys

 

Die bekende en baie talentvolle sanger, liedjieskrywer en akteur, Matt Stern, tree op Saterdag, 12 Februarie van 10:00-12:00 op by Najaarsrus tydens ‘n spesiale Valentynstee wat ten bate van Solidariteit Helpende Hand gehou word vir fondsinsameling en bekendstelling van die werk wat Solidariteit in gemeenskappe doen. Kaartjies kos R100 per persoon en is die tee gereël deur die Solidariteit Helpende Hand vrywilliger-tak in Parys, met ondersteuning van Avbob. Gaste kan uitsien na ‘n oggend van sang, heerlike eetgoed en gesellige saamwees. Die kaartjies is by Najaarsrus sowel as by taklede beskikbaar. Vir navrae skakel Mattie Last by 072 267 9758.

Wie is Matt Stern?

Dalk onthou jy hom vir sy onlangse TV-rol as ds. Douw Droom in Huis Lelieveld. Of vir sy rolle in onder meer Vleisvreters, Hart van Staal, Begeertes, Isidingo, Generations of Binnelanders. Akteur Matt Stern se loopbaan het in 2002 ‘n hupstoot gekry toe hy die sluipjagter Kurt Conradie in die sepie 7de Laan vertolk het, en daarna is hy in verskeie ander rolle gesien. Van sy filmwerk sluit in Racing Stripes, District 9, Hond se Dinges en Stoute Boudjies. In sy nuutste fliek, Bibliofiel speel hy die rol van Freek van Zyl. Min mense weet dat Matt Stern eintlik ‘n professionele sanger is. Hy is opgelei in musiekteater as tenoor. In November 2020 het hy sy vyfde album vrygestel getiteld, My World. Die snit, One Pair of Hands is deur IFM aangewys as beste country gospel lied vir 2020. Sy repertoir wissel van Elvis tot opera, en is hy naas akteur en sanger, bedrewe met oorklankingswerk, ‘n tweetalige en vaardige seremoniemeester, en bied ook dramaklasse aan.

 

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button