News

Gee jou kind ‘n voorsprong deur sy moedertaal

Gee jou kind ‘n voorsprong deur sy moedertaal

 

 

Februarie is Moedertaalmaand en op 21 Februarie vier ons Internasionale Moedertaaldag  – ‘n dag wat sedert 1999 ingestel is en sedertdien jaarliks gevier word. Maar hoekom al weer praat oor moedertaalonderrig? Want … dit is die beste ding wat jy vir jou kinders kan doen – om hulle in hulle moedertaal te laat skoolgaan. Hier is net ‘n paar redes hoekom ons jaar na jaar hieroor praat:  

Moedertaalonderrig gee jou kind die heel beste kans op sukses

  • Moedertaal vestig die basis vir kognitiewe leer en dus probleemoplossing.
  • Hoe groter ’n kind se woordeskat, hoe beter leser en leerder word die kind.
  • Navorsing het bewys dat moedertaal jou kind ’n leervoorsprong gee.
  • Deur moedertaalonderrig word die gehalte van onderrig verbeter.
  • ’n Mens verwoord jou gevoelens beter in jou moedertaal.
  • ’n Kind verstaan moeilike begrippe in ’n vreemde taal makliker deur moedertaal.
  • ’n Kind hoef nie in Engels skool te gaan om Engels aan te leer nie.
  • Moedertaal bevorder veeltaligheid, mits die moedertaal goed gevestig is.

  Wat kan ouers doen?

  • Praat gereeld met jou kind in jou moedertaal – selfs voor geboorte.
  • Stuur jou kind na ’n skool waar hy moedertaalonderrig kan ontvang.
  • Dring aan op jou reg tot moedertaalonderrig.
  • Lees vir jou kind en brei so sy woordeskat uit.
  • Moedig lees aan.’n Goeie leser is ’n goeie leerder.
  • Stel kinders bloot aan hul taal en kultuur. Leef in jou taal.
  • Moedig die aanleer van nog ’n taal aan – veeltaligheid open deure.
  • Wees trots op jou taal deur dit te praat en stel so ’n goeie voorbeeld.
  • Respekteer ander se taal en kultuur.
  • Jou moedertaal is wie jy is, dus: Praat dit, leef dit, lees dit!

Gaan lees meer oor die belangrikheid van moedertaalonderrig op Afrikaans.com (www.afrikaans.com) se leerhulpafdeling onder die hofie: Leer meer oor Afrikaans – Moedertaalonderrig (https://afrikaans.com/leerhulp/moedertaalonderrig/  

 

 

     

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button