News

Maak reg ons strate en sypaadjies, vra sakelui

Maak reg ons strate en sypaadjies, vra sakelui

 

Sakelui in Parys se sakekern is vies oor wat hul noem swak vakmanskap en herstelwerk deur die Ngwathe munisipaliteit se tegniese spanne. Wanneer pyplekke herstel word, word die sypaadjies en die teervlak dikwels net so oop, ongelyk en slordig gelos. Dit word nie weer reggemaak nie.  

 

 

 

 

Oral waar spanne gewerk het om pyplekke te herstel, is daar skade, sê sakelui. Dit is in veral die omgewing van die dorp se poskantoor, die kruising van Loop- en Dolfstraat en in Waterstraat waar jy duidelik sien waar gewerk is. Herhaalde versoeke aan die munisipaliteit om dit reg te maak, val na maande steeds op dowe ore. Baie voetgangers, veral bejaardes, kan nie meer op die sypaadjies beweeg nie, omdat dit eenvoudig te ongelyk en gevaarlik geword het vir hulle om te gebruik. Dit terwyl die dorp se sakekern juis vir baie binne loopafstand van hul huis is.  

 

 

 

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button