NewsNews

Lynx Roadsters se enjins brul deur dorp se strate

Lynx Roadsters se enjins brul deur dorp se strate

Dié vyf spoggerige blink waens van die Lynx Roadster Club van Boksburg was Sondag in Parys en het met brullende enjins behoorlik die aandag getrek. Nie net is daar by Die Boereplaas geëet nie, maar is ook sommer ‘n draai langs die Vaalrivier gery om te kyk hoe die Vaal se water bokspring met vyf sluise wat teen Sondag nog by die Vaaldam oop was.

Twee sluise is Dinsdag toegemaak en nog ‘n sluis Woensdag. 

 

 

Dié klub is in 1995 gestig en kuier klublede maandeliks saam wanneer hulle die langpad vat. Hulle het selfs al na die Kaap, Natal en Namibië getoer. Onder die vyf motors wat Sondag hier was, het twee Lexus V8-enjins en een ‘n 2L 16 Valve enjin. Die motors is deur hul eienaars opgebou.

Related Articles

Back to top button