NewsNews

Huiswerker kritiek ná honde haar aanval

Huiswerker se toestand steeds kritiek

 
 

‘n 47 jarige huiswerker van Potchefstroom is steeds in ‘n uiters kritieke toestand in die Baragwanath-hospitaal nadat sy gister, Dinsdag 25 Januarie deur haar werkgewers se drie Pitbull terriërs aangeval is terwyl sy vermoedelik besig was om wasgoed op te hang. Bure het die vrou se noodkrete gehoor en haar te hulp gesnel het. Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, was een van die bure wat die beseerde vrou wou help genoodsaak om die honde te skiet nadat die honde hom glo ook wou aanval. Paws het die honde van die toneel verwyder. Die vrou het veelvuldige bytwonde oor haar lyf en gesig.

 
 

 

 

 

Related Articles

Back to top button