NewsNews

Eskom-tariefverhoging: 30 000 sê reeds ‘nee’

Huishoudings kan dit nie bekostig nie

Asof Suid-Afrikaners nie reeds genoeg uitdagings in die gesig staar en hul pennies elke maand behoorlik moet omdraai net om te kan oorleef, staar ‘n tariefverhoging van 20,5% hulle reeds in die gesig.

Die DA het egter hierteen geskop en ‘n petisie teen Eskom se aansoek om die land se kragtarief met 20,5% te verhoog, is binne vyf dae deur meer as 30 000 mense onderteken. Die kragvoorsiener vra in sy aansoek aan die nasionale energiereguleerder (Nersa) dat die 20,5%-verhoging vir die 2022‑’23-boekjaar ingestel moet word. Dit is absoluut ‘n “buitensporige” verhoging omdat die meeste mense nie so ‘n verhoging sal kan bekostig nie.

“Die DA verwerp Eskom se pogings om die prys van elektrisiteit te verhoog in ’n tyd waar lewenskoste in Suid-Afrika toeneem. Kos, verblyf en vervoer styg steeds en ’n kragtariefverhoging sal net bydra tot die finansiële nood wat veral arm huishoudings in die gesig staar,” sê Kevin Mileham, die DA se woordvoerder oor minerale hulpbronne en energie. Mileham het gesê die oorweldigende reaksie op die party se petisie beklemtoon hoe “gevoelloos” Eskom se aansoek werklik is.

“Eskom kan skaars die ligte aanhou. Om nou van Suid-Afrikaners te verwag om meer geld vir ’n onbetroubare diens te betaal is heeltemal uit voeling.” Die Vryheidsfront Plus het ook aangedui dat hy die verhoging teenstaan en het ook  ʼn skrywe aan Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter, gerig.      

Related Articles

Back to top button