NewsNews

Mannekyn word met lyk in voertuig verwar

Mannekyn word met lyk in voertuig verwar

 

“Ons het die voertuig gevind. Beamptes het gesien dat daar wel ‘n paar voete by die ruit uitgehang het.

 

Daar is ‘n voertuig op die snelweg met ‘n paar voete wat by die ruit uithang. Dit wil voorkom of dit ‘n lyk wat binne ‘n mat opgerol is. Dit was die boodskap wat die Cambridgeshire polisie in Engeland, onlangs ontvang het. Volgens die polisie was daar behoorlik binne die beheerkamer alarm gemaak. Polisiebeamptes was getaak om die voertuig op te spoor.

 

“Ons het die voertuig gevind. Beamptes het gesien dat daar wel ‘n paar voete by die ruit uitgehang het. Dit was gelukkig net ‘n mannekyn wat die bestuurder na ‘n verjaarsdagpartytjie toe vervoer het. Ons is bly dat hierdie ‘n vals alarm was,” het die polisie in ‘n verklaring gesê.

Die Mannekyn sou die betrokke aand by ‘n verjaarsdagpartytjie gebruik word. Lees die oorspronklike berig hier: https://potchefstroomherald.co.za/100104/mannekyn-word-met-lyk-in-voertuig-verwar/


You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button