NewsNews

Karmi kry rol in kortfilm

Karmi kry rol in kortfilm

 

 

‘n Graad 7-leerder van Parys Primêre skool, Karmi Geldenuys, het die eer te beurt geval om ‘n rol in die kort speelfilm, En baie jare spaar, los te slaan. Die kortfilm is in Dullstroom verfilm en sal op KykNet gewys word. Die akteurs, Albert en Viljé Maritz, speel teenoor haar. Karmi vertolk die rol van Bella in die film en was twee dae lank op die stel vir die verfilming. Sy het tydens die inperkingsmaande besluit om ‘n akteurskursus te doen en is deur ABS produksies vir die rol gekies. Sy vertel dat die ervaring haar sommer baie geleer het, en dat die akteurs baie vriendelik en gaaf is.

 

 

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button