NewsNews

Einde van die vissmeer toastie kom

Einde van die Anchovie toastie kom

Of jy nou lief is vir vissmeer of nie – daar is beslis heelwat Suid-Afrikaners wat sal saamstem oor die lekkerte van ‘n vissmeer geroosterde broodjie saam met ‘n koppie tee. Maar ook hieraan gaan ‘n einde nou kom. Twee ou gunstelinge, Pecks Anchovette- en Redro-vissmeer sal eersdaags verdwyn van winkelrakke. Die vervaardiging van die vissmeerprodukte is einde verlede jaar gestaak as deel van Pioneer Foods se voortdurende portefeuljehersiening. Vervaardiging en verkope van die items is al in Desember verlede jaar gestop. Pecks Anchovette het ‘n trotse Britse tradisie van sover terug as 1891. In 1960 is Suid-Afrikaners aan die lekkerte bekendgestel. Voor dit was daar die plaaslike vissmeer Redro wat gemaak is in die 1930’s met ‘n familieresep. Dalk onthou jy nog die kostelike Redro advertensies met die slagspreuk – “Want dit is alles wat jy liefhet.”

 

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button