NewsNews

Water waar jy kyk, maar dorp se krane bly droog

Die Vaal se golwe - net water waar jy kyk

Terwyl paaie verspoel en brue onder water is met die Vaalrivier in vloed, is Parysenaars se krane steeds droog.

Weens kragprobeme by die dorp se waterwerke kan geen watersuiwering gedoen word nie en derhalwe ook nie gepomp word na die opgaardamme nie. Die verwagting is dat die kragtoevoer eers more herstel kan word sodra herstelmateriaal gekry word. Parysenaars sit al heel naweek sonder water en het die vloedwater boonop  verdere uitdagings gebring vir die dorp wat al vir maande aaneen gebuk gaan onder knaende watervoorsieningsprobleme. Die munisipaliteit het vanaand in n verklaring gesê watertenkers sal beskikbaar gestel word terwyl AfriForum en individue ook hulp met boorgatwater vir mense aangebied het

Die foto is geneem waar mense deur rdl Saal de Jager gehelp is met boorgatwater te midde van die dae lange waterdroogte in Parys.

Maar dit is nie net in Parys waar die krane droog is nie. Nog n Ngwathe dorp, Koppies, sit ook sonder  water met die watersuiweringsaanleg se pompe in die Renosterrivier wat deur die vloedwater beskadig is. Huise is ook deur die vloedwater beskadig. Ook in Vredefort sit die munisipaliteit met ernstige watervoorsieningsprobleme met n toevoerpyp wat water van die Vaalrivier na die watersuiweringsaanleg voer, wat weggespoel is deur die Vaal se watermassa. En terwyl besighede en inwoners in die dorpe sonder huishoudelike water sit is dit net water waar jy kyk. Die foto is vanmiddag deur Franzelle Zabielski by Die Vaal de Grace landgoed net buite Parys geneem.   

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button