NewsNews

Groot infrastruktuur skade vir Parys na gister se reën

Groot infrastruktuur skade vir Parys na gister se reën

Raadslede van die onderskeie wyke in al 5 die Ngwathe dorpe (Parys, Vredefort, Koppies Heilbron en Edenville), is vanoggend gevra om te help met die bepaling van die omvang van die wind en waterskade ná swaar reën Saterdagmiddag 15 Januarie.

Die burgemeester vir Ngwathe, rdl Victoria de Beer, het vroeg vanoggend, Sondag 16 Januarie, reeds met alle rolspelers insluitend die munisipaliteit se tegniese afdeling vergader om vas te stel hoe te werk gegaan moet word om n aksieplan saam te stel om skade aan infrastruktuur te herstel, en noodverligting aan gesinne wat geraak is te voorsien.

Groot dele van Parys en Tumahole het teen Sondagoggend steeds nie krag gehad nie en het die swaar reën en groot hoeveelheid kragprobleme wat rapporteer is, herstelwerk bemoeilik en vertraag. Water het onder meer in n mini-substasie in Venusstraat ingeloop waar gister nie gewerk kon word weens die gevaar wat dit vir elektrisiëns in die reën sou inhou.

In Mollstraat is die water enkeldiepte deur n huis en nog n huis se betonmuur het meegegee weens die vloedwater uit die stormkanaal.

Altesaam 90mm reen is in Parys Saterdag gemeet.

Die Mimosa spruit het by die brug op die kruising by Breë en Van Collerstraat oor die pad geloop en opgestoot na die ou Kommandokantore waar opdrifsels vanoggend nog gesien kon word nadat die watervlak gedaal het.

Met erkenning aan Amanda Neethling, Facebook

Naas die verkeerschaos gister laatmiddag as gevolg hiervan in Parys se hoofstraat, moes haweloses wat langs die spruit bly ook inderhaas skuif. Die spruit loop by die Mimosa in die Vaalrivier in.

Foto’s en videos van die vloedwater is gister wyd deur Parysenaars op Facebook gedeel en sal Gazette volledig berig sodra die beraming van die skade ontvang is.

 

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button