NewsNews

Opdaterings vir bestuurslisensies dalk op die horison?

Dit sal glo help om die groeiende agterstand aan te spreek

Fikile Mbalula, minister van vervoer, sê sy departement werk aan ‘n aantal opdaterings vir bestuurslisensies in Suid-Afrika, insluitend die opsie om ‘n lisensie direk by jou huis of kantoor te laat aflewer.

Mbalula het Woensdag, 12 Januarie in ‘n media-inligtingsessie gesê die departement van vervoer beplan ook om aanlyn betalings vir verskeie dienste te aanvaar, insluitend:

  • Motorvoertuiglisensiehernuwings;
  • Bestuurslisensiekaarthernuwings;
  • Leerlinglisensietoetse;
  • Bestuurslisensietoetse;

Mbalula het ook bevestig dat die regering ‘n nuwe slimbestuurderslisensiekaart vir die land oorweeg, wat binnekort aan pres. Cyril Ramaphosa se kabinet voorgelê sal word. Dit sal help om ‘n groeiende agterstand aan te spreek aangesien sowat ‘n halfmiljoen Suid-Afrikaanse motoriste met tydelike bestuurslisensiekaarte sit omdat die masjien wat die kaarte druk, reeds sedert November buite werking is. Luidens berigte is die masjien Duitsland toe gestuur waar dit herstel sal word.

Foto: Internet

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button