News

Dis neusie verby vir beplande Aarto strafpunte

Dis neusie verby vir beplande Aarto strafpunte

 

 

Motoriste kan uiteindelik die vrees van die beplande strafpuntstelsel vir verkeersoortredings agter hulle sit.

Die hooggeregshof in Pretoria het vandag, Donderdag 13 Januarie,  beslis dat die  omstrede Wet op die Administratiewe Beregtiging van Padverkeersoortredings (Aarto), en sy beplande strafpuntstelsel heeltemal ongrondwetlik en onwettig is. Dit is daarom ter syde gestel.

Regter Annali Basson het gesê dat die Aarto-wet en die Aarto wysigingswetsontwerp strydig is met die grondwet in sy geheel.

Die wet sou in Julie vanjaar landwyd in werking getree het.

Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) het lank reeds gewaarsku dat die wet nie meer veiligheid op Suid-Afrikaanse paaie sou beteken nie.

 

 

 

Related Articles

Back to top button