NewsNews

Beskerm jou gesin so teen gemene misdadigers

Keer so dat jy 'n misdaadstatistiek word

Hoe meer werkloosheid daar is, hoe meer loop Suid-Afrikaners onder huisrooftogte en ander misdade deur. Volgens mnr. Mike Bolhuis, bekende privaat ondersoeker, is dit  ook ‘n baie betalende ‘beroep’. Unisa se ‘School of Criminal Justice’ het navorsing oor die tipe misdaad gepubliseer . Die navorsing is gabaseer op in-diepte onderhoude met misdadigers wat reeds skuldig bevind is. Hy het hierdie belangrike inligting gedeel.

*  8  uit 10 huisrooftogte word met die hulp of inligting van huishulpe, tuinwerkers of vorige werknemers gepleeg. Rowers monitor die huis vir so lank as twee weke. Die meeste aanvalle word tussen 19:00 en middernag gepleeg wanneer mense ontspanne is, kos maak of TV kyk en die sekuriteits-sisteme nog nie geaktiveer is nie. Rooftogte kan tot  04:00 aanhou.  97% van die rowers is gewapen. ‘n Gewapende bende wat rooftogte pleeg, het gemiddeld vier lede. Die gemiddelde ouderdom van ‘n huisrower is 19 tot 26 jaar. Gemiddeld 30% van alle huisrowers het óf moord gepleeg óf sal nie huiwer om weer moord te pleeg nie. Slegs 17% van alle huisrowers is buitelanders.

* Van alle rowers wat in hegtenis geneem is, het 90% geen matriekkwalifikasie gehad nie of was werkloos. Die 10% wat in diens was, het hul werk prysgegee toe hulle besef het hoeveel hulle uit ‘n rooftog kon “verdien”. Die meeste slagoffers of teikens is welvarende persone wat openlik hulle rykdom openbaar, byvoorbeeld om duur juweliersware te dra. Die gemiddelde rower pleeg 103 rooftogte oor ‘n tydpark van sewe jaar voordat hy gevang word.

* Die meeste huisrowers se huise of ‘basisse’ is 10 tot 30 minute se ry vanaf hul teikenadres. Die skuldigbevindingsyfer vir huisrooftogte in Suid-Afrika is slegs 7,67% terwyl dit 53% in die VSA is. Rowers word nie deur alarms en gewapende reaksiedienste afgeskrik nie.

Die volgende veiligheidsmaatreëls is ‘ n groot afskrikmiddel vir misdadigers:

* Elektriese heinings; opsporingbalke; geslote kringtelevisie (CCTV); klein hondjies wat in die huis slaap (rowers beskou dit as die grootste afskrikmiddel van almal.)  ‘n Patrollie- of buurtwag, in 68% gaan dit oor of oortreders gaan ingaan of nie.

Algemene wenke voordat jy jou huis verlaat:

* Maak seker dat alle struike en bome teruggesnoei word sodat ‘n inbreker homself nie kan verberg terwyl hy probeer om ‘ n venster of deur oop te maak nie. Indien moontlik, plant bosse met stekeldorings rondom hierdie plekke. Moenie jou veiligheidsbewustheid by die buitemure van jou huis stop nie. Jou tuinareas (indien enige) verdien ook aandag. Oor die algemeen moet jy niks in die tuin laat wat ‘n inbreker kan help om in jou huis in te kom nie.

* Lere, stapelbare bokse of tuingereedskap moet weggesit word, verkieslik in ‘n geslote kas. Baie inbrekers gebruik die eienaar van die eiendom se eie gereedskap om by ‘ n huis in te breek.

* Moenie buitemeubels se tafels naby die huis plaas nie, aangesien dit ‘n maklike leer kan word om mee op die dak te klim.  Tweedeverdiepingvensters word dikwels onveilig gelaat, wat dit maklik maak vir die misdadiger om in die huis te kom.  Om potensiële klimmers te ontmoedig, sit vet op enige metaalafvoerpype as hulle naby vensters is. ‘n Blaffende hond, die verandering van jou daaglikse roetine en die teenwoordigheid van CCTV kameras kan jou huis ‘n minder aantreklike teiken vir misdadigers maak. Maak seker jou posbus is altyd leeg. ‘n Posbus wat vol pos is, laat dit dadelik lyk asof jy nie tuis is nie. Probeer om gereeld van jou gewone roetine af te wyk. Gebruik verskillende roetes en besoek verskillende winkels. Wees uiters versigtig wanneer jy huiswerkers en ander diensverskaffers aanstel – hierdie maatreël kan nie onderskat word nie. Wees versigtig wie jy in jou huis toelaat.

 

Foto slegs ter illustrasie:

 

Related Articles

Back to top button