NewsNews

Vrystaatse Vories bid vir tannie Dawn

Vir soveel jare ken nie net die Voortrekkers van Parys Voortrekkerkommando die gesig van tannie Dawn Rall nie. Tannie Dawn is so deel van  Voortrekker-wees soos wat kamp vir elke Voortrekker is. Vir baie jare is sy die gesig van Voortrekkers in Parys en staan haar hande vir niks verkeerd nie – nie agter die …

Vir soveel jare ken nie net die Voortrekkers van Parys Voortrekkerkommando die gesig van tannie Dawn Rall nie.

Tannie Dawn is so deel van  Voortrekker-wees soos wat kamp vir elke Voortrekker is. Vir baie jare is sy die gesig van Voortrekkers in Parys en staan haar hande vir niks verkeerd nie – nie agter die kospotte by ‘n kamp nie, en ook nie as daar besluite of leiding geneem moet word nie.

Tannie Dawn is Maandag 10 Januarie in die Panorama Mediclinic se harteenheid opgeneem ná ‘n hartaanval en het die Vrystaat Verkennerkommando’s Maandagaand vir voorbidding vir tannie Dawn op hul WhatsApp-groep gevra.

Die gemeenskap van Parys waarvan tannie Dawn soveel jaar al deel is en Parys se Voortrekkerkommando bid vir spoedige beterskap vir tannie Dawn.

Dawn Rall saam met Danie Langner, hoofleier van die Voortrekkers. Die foto is geneem toe Parys Voortrekkerkommando sy 85ste bestaansjaar gevier het.

 

 

Related Articles

Back to top button