NewsNews

Graad 1’s sommer klaar tuis in die klaskamer

Graad 1's sommer klaar tuis in die klaskamer

Graad 1 leerlinge van Parys Primêre skool is sommer al klaar tuis in die klaskamer. Die nuwelinge het vanoggend, Dinsdag 11 Januarie, ‘n draai by die skool gemaak waar hul eerste skooldag foto’s geneem is, en hul  touwys gemaak is in die klas voordat die skole amptelik môre, Woensdag 12 Januarie heropen vir die 2022 skooljaar.

Milan Nell het met groot selfvertroue haar eerste skooldag aangepak.

Foto’s bo: Carika Badenhorst en Hecter van der Westhuizen op hul eerste skooldag. 

Vyf juffrouens van Parys Primêre skool was vandeesweek selfs nog meer opgewonde om terug te wees by die skool, want vir hulle is vanjaar ook die begin van hul kleingoed se skooljaar. Van links is Jalin Reitz saam met mamma Janel (graad 6 Engels), Delarey van Dyk en mamma Zelna (graad 1 opvoedkundige assistent), Michandré Olivier saam met mamma Chrizanré (graad 6 Afrikaans en PSW), Emma Vorster saam met mamma Christine (graad 3 Engelse klas), en Dewald Nell saam met mamma Maritza (graad 5 Engels).

Om jou kind vir die eerste keer in die skool te hê is ‘n groot en trotse oomblik vir elke ouer. Stuur vir ons jou graad 1’tjie se eerste skooldagfoto na gazettenuus@gmail.com of whatsapp die foto na 060 690 7591 en ons plaas dit graag vir jou op Parys Gazette se webblad heeltemal gratis.

 

 

Related Articles

Back to top button