NewsNews

Klipkunswerk swem so byna in Vaal se water

Klipkunswerk swem so byna in Vaal se water

As jy al in die Vrystaatse Parys was ken jy waarskynlik die besondere geelvis klipkunswerk van plaaslike kunstenaar Deon Terblanche wat van die Potch-brug oor die rivier hang by Egweni River Lodge. Daar waar elke maand Hartelus mark gehou word.

N Uitsonderlike kunswerk waarmee Terblanche ongeveer drie jaar gelede bewusmaking om ons waterbronne te beskerm wou skep, na die omvang van rioolbesoedeling van die Vaalrivier,  dosyne visvrektes van veral ook geelvis, veroorsaak het.

 

As jy vroeër die kunswerk gesien het sal jy weet hoe ver die Vaal se water daarvan af was, maar na milde reën en vyf sluise wat by die Vaaldam oopgetrek is, swem dié vis nou so hittete. Dit gee jou inderdaad n idee hoeveel die watervlak van die Vaal veral die laaste week gestyg het.

 

So het dit gelyk voor die watervlak gestyg het.

 

 

Related Articles

Back to top button