News

Watertenks gebrand

Watertenks gebrand

Verskeie tydelike watertenks in die Tumahole woonbuurt is gebrand of beskadig, het die Ngwathe munisipaliteit vanoggend bevestig.

Dit terwyl dele van Parys al vir maande bykans daagliks sonder water sit en van die watertenks afhanklik is.

Die munisipaliteit het in n verklaring gesê dat die beskadiging van die watertenks jammer is in n tyd waar die uitvoerende burgemeester rdl Victoria de Beer, en raadslede probeer om oplossings te kry vir die dorp se knaende en onaanvaarbare watervoorsieningskwessies.

Die munisipaliteit sê die tenks dien as tydelike verligting vir watertekorte veral in dele wat erg geraak word deur tekorte. Dit sluit in dele soos Sisulu, Mbeki, Ghana, Phelandaba, Mandela, en ander woonbuurte waar al vir jare lank waterprobleme is en met watertenks gepoog word om in die waternood te voorsien.

Die munisipaliteit sê daar word gepoog om die tenks vol te hou met skoon water juis omdat water n basiese mensereg is waartoe almal toegang moet hê.

Dele soos Ghana en Phelandaba wat nie nou watertenks het nie sal deur watertenkers van water voorsien word, sê die munisipaliteit. Die burgemeester het haarself ook opnuut daartoe verbind om met alle departemente saam te werk  om die waterprobleme in die Ngwathe dorpe op te los.

 

 

 

 

Related Articles

Back to top button