NewsNews

Bekende in motorfietsongeluk beseer

Hy sterk tans in die hospitaal aan

Mnr. Soon Jansen van Vuuren wat saam met sy broer, Gerhard, eienaar van Turbulators Parys was, is op 1 Januarie omstreeks 18:15 op die N1 Randburg Suid, net na die Malibongwe-afrit in die rigting van Bloemfontein, in ‘n motorfietsongeluk beseer.

Mnr. Van Vuuren se toestand was kritiek na die ongeluk.

ER24 het hom na Life Fourways Hospitaal geneem, wat die naaste hospitaal was. Die familie is deur ER24, asook sy vriend, Chaplain Iggie Verwey en Trauma Support Michelle Verwey van EMS Chaplaincy & Trauma Support Parys, in kennis gestel. Iggie het die famile na die Life Fourways Hospital geneem.

Life Fourways Hospitaal het mnr. Van Vuuren se toestand gestabiliseer waarna hy Sondagoggend, 2 Januarie, deur IMR met ‘n intensiewe ambulans (‘n spesiale ambulans vir ernstige gevalle) na Potchefstroom se staatshospitaal vervoer is.

Die gebeure wat tot die ongeluk gelei het, is nog onbekend en word deur die Johannesburg Metropolitan Police Department (JMPD) ondersoek.

Hy het vyf gebreekte ribbes, sy regterknieg is gebreek, daar is ‘n gat in sy regterlong, ‘n skeur op die brein, asook verskeie kneusplekke aan  sy arms en bene.

Hy was geklee in sy volle motorfiets uitrusting wat baie gehelp het om verdere beserings te voorkom.  Hy sterk tans goed aan.

Boodskap vanaf Iggie (vriend)

Ons wil net opreg dankie sê vir ons Vader daar bo wat sy engele gestuur het om Soon te beskerm en styf vas te hou. Dankie ook aan ER24, IMR, Life Fourways en Potchefstroom Hospitaal vir hulle flinke en fantastiese diens. Ons is dankbaar vir elke oproep, boodskap en veral vir elke persoon wat hom opdra in hulle gebede. Ons waardeer die opreg.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button