News

Jou eerste Gazette vir 2022 eersdaags weer in jou posbus

Jou eerste Gazette vir 2022 eersdaags weer in jou posbus

Ons wens elkeen van ons gewaardeerde lesers en adverteerders net die mooiste toe vir 2022.

Onthou dat die eerste Parys Gazette vir 2022 op Donderdag 13 Januarie op straat sal verskyn.

Parys Gazette se toegewyde personeel is egter reeds weer van Maandag 3 Januarie op hul pos vanaf hul tuiskantore en is u welkom om te skakel of te epos vir enige advertensies, nuusbydraes of navrae.

Liezl Scheepers, redakteur van die Parys Gazette sal egter tot 13 Januarie met verlof wees, en sal enige nuusbydraes in hierdie tyd deur Izolde Pistorius, ook ‘n gesoute verslaggewer, hanteer word. E-pos gerus jou bydrae of nuuswenk na: ipistorius@vaaldriehoek.com of WhatsApp haar by 082 845 1669 gedurende kantoorure.

Izolde Pistorius, wat instaan tot 13 Januarie met die hantering van alle nuusbydraes vir Parys Gazette.

Ons sien daarna uit om u in hierdie jaar weer van diens te wees.

 

 

 

Related Articles

Back to top button