NewsNews

Ag nee! Hoekom só rommelstrooi

Piekniekgangers het inwoners boos

Inwoners op die Parys Golf & Country Estate en in die omgewing van die ingang na die landgoed via die Gholfeiland-brug, het ná die nuwejaarsvieringe hul misnoë te kenne gegee met die rommelstrooiing hier op die oewer van die rivier nadat talle hier die oujaar vaarwel geroep het, en die nuwejaar gevier het.

Huiseienaars in die omgewing van die Gholfeiland-laagwaterbrug het aan Gazette gesê dat hoewel hulle geen probleem het met besoekers en inwoners wat die oewerdeel  gereeld as piekniekplek gebruik nie, die skandelike rommelstrooiing en verkeerschaos van motors wat oral geparkeer word, nie aanvaarbaar is nie. Met die oujaarsvieringe was daar beswaarlik plek om te beweeg op die oewerdeel wat regdeur die jaar baie netjies onderhou word.

 

 

 

Daar is geen ablusiegeriewe vir mense wat hier piekniek hou nie, en was daar selfs klagtes van piekniekgangers wat hulle onsedelik gedra het.

Sedert die Mimosa Tuine totaal verval het en die publiek nie meer op die terrein toegelaat word nie, het die oewerdeel by die ingang na die landgoed nou die gewildste kuierplek geword vir mense wat die rivieroewer wil geniet, maar sê huiseienaars dat dit nou ten koste is van hul rus en vrede.

En telkens na die gekuier bly net die rommel oor wat orals gesaai lê.

 

Related Articles

Back to top button