NewsNews

Derduisende se gesteelde kabel kom dalk van Wolwehoek-stasie

Derduisende se gesteelde kabel kom dalk van Wolwehoek-stasie

Twee op-en-wakker polisiebeamptes het koperdiewe nie die kans gegee om weg te kom nie. Sers. Thabo Pitlele en sers. M.A. Mofokeng van die Viljoensdrift SAPD  het ‘n verdagte wit Mahindra met Gauteng-registrasienommer opgemerk en die voertuig gestop om te deursoek.

Vier mans wat agterop die bakkie was, het toe die voertuig gestop is, dadelik die hasepad gekies. Die bestuurder van die voertuig en sy passasier is egter gearresteer en beslag gelê op ‘n bakkievrag met koperkabel met ‘n gesamentlike geraamde waarde van R153 550. Die vermoede is dat die kabel by die Wolwehoek treinstasie naby Zamdela gesteel is en aan Transnet behoort.

DIe twee verdagtes is tussen 29 en 61 jaar oud. Die mans verskyn vandag in die hof in Sasolburg.

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button