News

Vaalrivier eis 18-jarige se lewe

Vaalrivier eis 18-jarige se lewe

‘n Jong seun van 18 jaar het Dinsdag 28 Desember ‘n tragiese waterdood gesterf in die Vaalrivier by die Weltevrede Country Resort buite Parys.

Volgens polisiewoordvoerder lt-kol Amanda Funani, is die oorledene en sy gesin van Fochville en het hulle die oord die dag besoek.

Funani sê ‘n jong kind se speelding was in die Vaalrivier  en het die 18-jarige gehelp  om die speelding uit die water te kry.

Die jong seun kon egter nie uit die water kom nie en is vergeefs deur die vader probeer om die seun te red. Die jonger kind is wel deur omstanders betyds uit die water gered.

Die polisie se hulp is ingeroep en het Sasolburg K9 Soek- en Redding en die Vrystaatse duikspan met die soektog na die 18-jarige gehelp. Sy liggaam is later deur polisielede uit die water gehaal.

Ons innige medelye met die familie van die seun

Die polisie het na die tragiese voorval weer opnuut mense gewaarsku dat die riviervlak tans hoog is na swaar reën en sluise wat by die Vaaldam oopgemaak is. Al is jy bekend met ‘n rivier, kan dit dikwels gebeur dat jy jou misgis met stroomversnellings.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button