NewsNews

Twee vas oor Mimosa-vloerplanke: Skokkend hoe gesteelde munisipale eiendom verkoop word

Twee vas oor Mimosa-vloerplanke: Skokkend hoe gesteelde munisipale eiendom verkoop word

DA-raadslede se voortgesette pogings om die diefstal van die houtvloerplanke uit die Mimosa-saal stop te sit, het die afgelope paar dae, danksy die blitsige optrede van die Ngwathe Munisipaliteit se sekuriteitsbeamptes en die munisipaliteit se direkteur van gemeenskapsdienste, Phumzile Nhlapo, daartoe gelei dat beslag gelê kon word op van dié gesteelde vloerplanke by ‘n handelaar in die dorp, en twee mans vasgetrek kon word vir die diefstal in twee afsonderlike gevalle.

Die diefstal van die vloerplanke is al op 2 Desember deur rdl. Arnold Schoonwinkel per e-pos onder die aandag van die Ngwathe munisipale bestuurder, mnr. Bruce Kannemeyer, gebring, nadat ‘n inwoner in Boomstraat opgemerk het dat die vloerplanke weggedra word. Hoewel daar sekuriteit by die Mimosa Tuine is, laat diewe hulself in en uit die perseel deur gate in die omheining. Só is dié eens spog oord oor jare geplunder en alles wat moontlik gesteel kon word, weggedra.

Ten spyte van die e-pos oor die diefstal, was daar geen terugvoer van die munisipale bestuurder se kantoor nie –  tot 24 Desember toe die munisipale sekuriteitsbeamptes twee mans by die Mimosa-saal op heterdaad betrap het. Die polisie se hulp is ingeroep en die mans gearresteer op ‘n klag van diefstal.

Op Maandag 27 Desember het DA-raadslid, Saal de Jager, nog inligting oor die diefstal van die vloerplanke gekry en dit blitsig aan die munisipale sekuriteitspersoneel gerapporteer wat dadelik ondersoek ingestel het. Van die vloerplanke is toe inderdaad by ‘n plaaslike handelaar gekry. Volgens die handelaar het twee mans probeer om die planke te verkoop, en toe verdwyn nadat hulle gevra is om hul identifikasie te bring.

 

Van die vloerplanke wat uit die Mimosa-saal gesteel is. Foto: Verskaf

Die DA-raadslede sê die diefstal van munisipale eiendom wat deur plaaslike handelaars gekoop word, is ‘n enorme probleem en dat dit skokkend is hoeveel gesteelde eiendom verkwansel word. Hiervan getuig die talle watermeters, krane, koperkabel, en selfs die ysterpale waaraan die kabels van die hangbrug oor die Vaalrivier vasgemaak is, wat in die verlede al weggedra is, en daarna  by plaaslike handelaars gekry is.

Inwoners is weer gevra om  sou jy enigiets verdags opmerk dit onmiddellik te rapporteer.

‘n Pluimpie vir die munispale sekuriteitspersoneel en die direkteur van gemeenskapsdienste vir die vinnige optrede om die inligting van die DA-raadslede op te volg, en vir die raadslede wat bly opvolg het en hul ore op die grond gehou het om die diewe te kon vastrek.

 

Op die foto wat in 2020 geneem is, kan duidelik gesien hoe die eens spog Mimosa Restaurant oor jare geplunder is.

 

https://www.citizen.co.za/parys-gazette/20010/skandalige-verval-van-spogoord/

Related Articles

Back to top button