News

Vaalrivier bokspring ná milde reën

Vaalrivier bokspring ná milde reën

Besoekers en inwoners in Parys kon die week sien hoe die Vaalrivier behoorlik bokspring ná milde reën wat sedert begin Desember val.

Teen 24 Desember was die Vaaldam reeds 105,3% vol.

Grootdraai Dam het op 24 Desember op 101,5% gestaan, en die Sterkfontein Dam op 100,7%. Bloemhof Dam was toe 108,8% vol.

Die Barrage het op 24 Desember reeds 3 sluishekke oopgehad en is verwag dat sluise ook teen Dinsdag 28 Desember by die Vaaldam oopgemaak sou word.

 

Op die foto kan gesien word hoe die Vaalrivier net-net onder die ou laagwaterbrug na Gholfeiland vloei.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button