NewsNews

Sluise vanoggend oopgetrek

Sluise sal vanoggend om 10:00 by die Vaaldam oopgemaak word en is boere langs die Vaalrivier gewaarsku om hul toerusting van die rivierwalle weg te skuif. Mense moet ook veral by laagwaterbrue versigtig wees.   Volgens die departement van water en sanitasie was die Vaaldam Maandag 27 Desember reeds 107% vol  na aanhoudende reën. Ook …

Sluise sal vanoggend om 10:00 by die Vaaldam oopgemaak word en is boere langs die Vaalrivier gewaarsku om hul toerusting van die rivierwalle weg te skuif. Mense moet ook veral by laagwaterbrue versigtig wees.

 

Op die foto kan gesien word hoe die rivier net-net onder die ou laagwaterbrug na Gholfeiland vloei.

Volgens die departement van water en sanitasie was die Vaaldam Maandag 27 Desember reeds 107% vol  na aanhoudende reën.

Ook die Oranjerivier is in vloed en is die Augrabies-waterval ‘n skouspel.

Bogemiddelde reënval word vir die res van die seisoen in die somerreënvalstreke verwag weens die La Nina-stelsel en kan dit tot vloede in die Oranje- en Vaalrivierstelsels lei teen Maart as die buitengewone reënval sou voortduur.

Waterveiligheid is baie belangrik veral nou in die vakansietyd wanneer mense graag swem en in die water wil wees. Onthou asseblief die volgende:
1. Respekteer water en hou die gevare daarvan in gedagte.
2. Let op waarskuwingstekens waar daar water is, hetsy riviere, mere of damme, of by swembaddens. Gehoorsaam die reëls.
3. Maak seker van weersomstandighede voordat jy gaan swem.
4. Maak seker jy vertel iemand waarheen jy gaan en wanneer jy terugkom.
5. Weet waar om hulp te kry indien nodig.
6. Alkohol en waterveiligheid gaan beslis nie saam nie. Alkoholgebruik tas jou vermoë om te kan oordeel aan, jou krag sowel as jou stamina. Dit is onverantwoordelik om ander se lewens in gevaar te stel.
7. Moenie op die rand van ’n  rivier of dam loop nie.
8. As jy nie opgelei is in lewensredding of reddingstegnieke nie, gebruik ’n stomp of boomtak om iemand wat in die water in gevaar verkeer,  te help en ontbied dadelik hulp, eerder as wat jy self probeer om die persoon te red.
9. Buitebande en opblaasmatrasse is baie gevaarlik in die water omdat dit ’n vals sin van sekuriteit en veiligheid skep.
10. Die gevaarlikste tyd by ’n piekniek is die tyd wat jy daar aankom, wanneer ouers besig is om uit te pak en kinders kan afdwaal om die omgewing te gaan verken. Water se aantrekkingskrag is meestal onweerstaanbaar vir kinders.
11. Selfs by die huis kan dit die gevaarlikste plek wees vir jong, avontuurlustige kinders wat geen of min vrees het vir water.
12. Jong kinders moet liefs altyd onder toesig wees wanneer hulle naby water is, selfs met badtyd.
13. Daar moet ‘n   veiligheidsheining om jou swembad by jou huis, en ander potensieel gevaarlike plekke wees.
14. Maak baddens, wasbakke en ander  houers met water dadelik leeg ná gebruik.
15. Maak emmers met vloeistof baie dig toe en hou buite bereik van kinders.
16. Kinderswembaddens wat nie gebruik word nie, moet leeg getap word.
17. Maak wasmasjiene toe.

 

Related Articles

Back to top button