NewsNews

2021 was ‘n jaar van kantelmure

2021 was 'n jaar van kantelmure

2021 was  ‘n gemmerhuis-jaar wat ons opgewonde uit die boks gehaal het. Stuk vir stuk gebou het. Die soet oomblikke bont vasgepleister teen ons gemmermure van onsekerheid –  dit moes mos beter.

Soos die maande verby gesleep het, het baie mure na binne gekantel, jou met wankeldak en leë stoele gelos by die Kerstafel.  Onseker kommerkrake wat nie kon toe agter dik versierlae.

Maar mag jy in 2022 die durf hê om die kantelmure weer aanmekaar te pleister met geloof en geduld.  Jou hartsmense  soos die soet lekkerte uitbundig bont deel wees van jou gemmerhuis se mure, vasgeplak in liefde –  elkeen op sy eie spesiale plek.

Mag jou gemmerhuis se dak stewig geanker wees op wat werklik saakmaak, want die lewe is te kort om te bly staar na kantelmure.

 

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button