NewsNews

Oor kwarantyn en selfisoleer: Dit is hoe dit nou werk

Hoe nou gemaak as jy in kontak was met iemand wat Covid-19 het? As jy in kontak was met iemand wat Covid-19 het, hoef jy nie meer in kwarantyn te gaan mits jy self simptome het nie, en is kontak-opsporing in die meeste gevalle ook nie meer nodig nie. Verskeie aanpassings in Covid-19 maatreëls is …

Hoe nou gemaak as jy in kontak was met iemand wat Covid-19 het?

As jy in kontak was met iemand wat Covid-19 het, hoef jy nie meer in kwarantyn te gaan mits jy self simptome het nie, en is kontak-opsporing in die meeste gevalle ook nie meer nodig nie.

Verskeie aanpassings in Covid-19 maatreëls is aangekondig en gegrond op aanbevelings wat die ministeriële advieskomitee oor Covid-19 gemaak het aan gesondheidsminister Joe Phaahla. Die maatreëls is ook reeds van krag.

Só werk dit nou

  • Tensy jy simptome sou ontwikel, is dit nie meer nodig om getoets te word nie.
  • Jy hoef ook nie meer in kwarantyn te gaan as jy in kontak was met iemand wat Covid-19 het nie.
  • Jy moet wel jou koors daagliks neem vir 5-7 dae en let op simptome. Jy moet ook in hierdie tyd groot byeenkomste vermy, seker maak jy dra jou masker en ‘n veilige afstand handhaaf.

Sou jy dan wel simptome ontwikkel is dit nodig dat jy jouself laat toets vir Covid-19.

As jy siek is moet jy vir 8 dae in selfisolasie gaan, en dit is nie nodig om weer getoets te word voor jy terugkeer werk toe nie.

Sou jy ernstig siek wees weens Covid-19 moet jy vir 10 dae selfisoleer en is dit ook nie nodig om weer getoets te word voor jy terugkeer werk toe nie  Bron: Netwerk24

 

 

 

 

Related Articles

Back to top button