News

Tri-Province 2021 Skoonheidskompetisie: Só lyk die wenners

Tri-Province 2021 Skoonheidskompetisie: Só lyk die wenners

Saterdag 11 Desember 2021 was n groot aand vir baie van die deelnemers aan vanjaar se Tri-Province skoonheidskompetisie, met die
meerderheid deelnemers wat die eerste keer op die verhoog was.
Ma Bosch Dance Crew het die aand begin met n dansvertoning en ‘n skitterende Latynse dans deur Micalea en Carel.
Die Tri-Province beoordelaars was bekendes in die skoonheidswêreld, Gevaughn Brandt (Mr. Gauteng), Angelique Kleinhans
(Ngwathe Residence Association), Tanya van Vuuren (T-shape Gymwear en Bikini model), Takita Mestre (persoonlike fiksheidsinstrukteur en
“life coach”), Sabatha Jan Segoba (EvolutionHub SA) en Micaela Frizado (dansinstrukteur).
Van die jongste tot die oudste deelnemers het pragtig en elegant gelyk in hul  aanddrag. Selfs van die gaste het `n
beurt op die verhoog gehad en wonderlike pryse gewen.
Parys Modeling Academy se Kersfees liefdadigheidsprojek is vanjaar gewy aan Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwes-sentrum in Parys. Geskenke is van heinde en verre ingesamel en is die modelle steeds besig om nog skenkings bymekaar te kry vir dié organisasie. Volg hul op hul Facebook blad indien jy iets wil skenk, of net wil sien  waar hulle oral`n verskil probeer maak.
Die 8-jarige Marianke van der Merwe van Parys  het reeds begin om die skenkings wat ingesamel is, uit te deel by verskeie organisasies.
Marianke en Sandre Jenner is dan ook gekroon as Parys Modeling Academy se ambasadeurs vir 2022.
Elke deelnemer aan die Tri-Province skoonheidskompetisie was `n ster en was dit ‘n aand vol plesier.
Hier is die wenners:
Little Missy kategorie wenners: Kaylee Page, Leshe Marias en Leonel Riekers.
Little Miss kategorie wenners: Maru-ché Pienaar, Marianke v.d Merwe en Louise-Mare van Vreden.
Tween Mr kategorie wenners: Ricardo Mc Geer, Dylan Page en Logen Saunders.
Tween Miss kategorie wenners: Zanelle Theron, Jumé Swart en Juzelle Swart.
Teen Miss kategorie wenners: Monique Gericke, Desire Groenewald en Charlotte Malherbe.
Miss kategorie wenners: Riëtte Keyser, Dedré Groenewald en Luzanka Robinson.
Mrs. kategorie wenners: Yvonne Kleingeld, Debbie Groenewald en Minnie Basson.
Mr. kategorie wenners: Wim Keet, Dillen Pelser en JD Hoy.
Spesiale toekennings is oorhandig aan:
Louise-Mare van Vreden – Publiek se keuse;
Marianke v.d Merwe – Filantroop;
Zanelle Theron – Beste geklee;
Ricardo Mc Geer – Debutant;
Riëtte Keyser – Fotogenies;
Carla Marais – Tri-Province Ambasadeur.
Dankie aan elke borg wat Parys Modelling Academy en die Tri-Province kompetisie ondersteun het, sowel as elke deelnemer, toeskouer, en helper sonder wie die aand nie so ‘n sukses sou wees nie.
Die  Mr, Miss en Mrs. Glitz and Glam kompetisies sal in Maart 2022 gehou word. Volg Parys Modeling
Academy op hul Facebook-blad vir meer inligting.

Related Articles

Back to top button