News

Met sy rooi vierwiel en ‘Ventertjie’ ry hy die dorp plat

Met sy rooi vierwiel en ‘Ventertjie’ ry hy die dorp platMet sy rooi vierwiel en ‘Ventertjie’ ry hy die dorp plat

Met sy rooi vierwiel battery karretjie en selfgeboude ‘Ventertjie’ ry die 73-jarige mnr Albert le Roux van Najaarsrus die dorp se strate plat. Sommer maklik 30km kan hy vir die dag ry voor hy die battery moet laai. Of dit nou is om ‘n nuwe leesbril te gaan koop, of sommer so ent uit op die Vredefort-pad om die perde en die natuur se mooi te gaan kyk – oom Albert se rooi wiele en sy ‘Ventertjie’ met die dag se bagasie gelaai, is ‘n bekende gesig.

Vroeër jare het hy in die laboratorium by Mittal gewerk, en toe van Vanderbijlpark af na Parys verhuis om hier in Najaarsrus te kom bly. Toe hy Parkinsons se siekte gekry het, moes hy noodgedwonge van sy bakkie ontslae raak en was hy lank sonder vervoer. Totdat die vierwiel-wiele oor sy pad gekom het en hy sommer self uit afvalmateriaal die waentjie vir sy wiele prakseer het. Daar’s tot ‘n Suid-Afrikaanse vlag wat trots voor sy karretjie wapper as hy Parys se strate invaar.

Hy’s ‘n man wat die lewe voluit leef, sy ouderdom en gesondheid ten spyt. ‘n Planmaker en groenteboer van formaat wat op sy dag al met die tweede grootste pampoen by die Pampoengroeier-kompetisie by die Voortrekkermonument gespog het.
Mag daar nog baie veilige myle met die rooi karretjie wees vir Najaarsrus se oom Albert.

Related Articles

Back to top button