NewsNews

Dis dalk nog nie die einde van lang poskantoorrye vir toelae nie

Dis dalk nog nie die einde van lang poskantoorrye vir toelae nie

Suid-Afrikaners het die afgelope twee jaar al gewoond geraak aan die lang rye voor poskantore vir die uitbetaling van die R350 noodtoelae wat deur die regering ingestel is vir armoede verligting met die Covid-19 pandemie.

Daar word verwag dat ‘n aankondiging oor die moontlike verlenging of selfs verhoging van die toelaag dalk met die begrotingsrede in Februarie gedoen sal word.

Daar word reeds  deur kenners bespiegel dat armoede wat met die pandemie grootskaals toegeneem het, die regering geen ander keuse sal laat as om die uibetalings van die toelae te verleng.

Tans ontvang ongeveer 9,5 miljoen mense hierdie toelae en sou dit vir nog ‘n jaar verleng word, kan dit die regering ‘n ekstra R40 miljard kos, berig Netwerk24. Daar is ook druk van veral vakbonde dat die regering ‘n basiese inkomstetoelaag moet daarstel om armoede te help verlig.    

 

Related Articles

Back to top button