News

Die tradisie van Kersbome

Die tradisie van Kersbome

Die tradisie van Kersbome het in Duitsland in die 16de eeu ontstaan toe Christene begin het om versierde bome in hul huise te bring. Sommiges het piramides uit hout gebou en met immergroen blare en kerse versier.

Daar word geglo dat Martin Luther, die Duitse teoloog wat die Protestanse Reformasie begin het, eerste begin het met die tradisie van ‘n Kersboom. Die verhaal word vertel van Luther wat op Oukersaand deur ‘n dennewoud geloop het en só geïnspireer was met die helder sterre wat deur die boomtakke skyn dat hy dieselfde effek vir sy gesin wou skep.

Hy het ‘n klein denneboom afgekap en in die huis gebring waarin hy kerse oral in die boom geplaas het om die sterreliggies voor te stel.

Later het mense die bome met vrugte, neute, gemmerkoekies, lekkergoed, kerse en papierlinte versier.

Met die jare het die bome meer kommersieël geword met glasballe wat die vrugte voorstel en elektriese liggies wat die kerse vervang het.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button