News

Kom kyk hoe kry die brug kleur

Maak n draai by dié mark en sien die kunstenaars aan die werk

Vandag moet jy n draai by die Hartelusmark langs die oewer van die Vaalrivier by Egweni River Lodge maak.

Graffiti en straatkunstenaar Drake besig met sy besondere skilderwerk. Gaan kyk ook gerus by Casa Cara in Parys na die kunswerk wat daar deur die besoekende kunstenaars van Johannesburg gedoen is.

Die talentvolle Karin TerBlanche van Parys by haar brugkunswerk.

Naas die talle kreatiewe handwerkstalletjies, heerlike kuier langs die rivier en bobaas kos, gaan jy nou hier befaamde graffiti en straatkuns kunstenaars aan die werk sien by die brug oor die Vaalrivier. Ongelooflike talent en n moet om te sien.

Maak gou die mark is tot 3 uur vanmiddag, Saterdag 18 Desember.

 

Die Vaalrivier is self n besondere gesig na die reën met kunstenaar Deon TerBlanche se besondere klip geelvis kunswerk onder die ou wabrug oor die rivier regs op die foto.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button