NewsNews

Huiskoop is ‘n groot besluit

Huiskoop is ‘n groot besluit

  Huiskoop is een van die belangrikste besluite wat jy kan maak, daarom is dit nie ‘n maklike een nie. Baie jongmense moet lank spaar om ‘n deposito bymekaar te kry om hul eerste ‘nessie’ te kan bekostig. Wanneer jy die dag wel koop, maak seker dat dit in ‘n woongebied is waar jy weet jy gaan weer jou geld terugkry wanneer jy die dag wil verkoop. Praat gerus voor die tyd met die inwoners in die omgewing waar jy van plan is om te koop. Doen dus jou huiswerk en oorweeg al jou opsies.

Karmen Wessels van die digitale lewensversekeraar Sanlam Indie sê hoewel dit beslis uitdagend is vir jongmense wat die eerste keer eiendom wil koop, dit tog nie heeltemal buite hulle bereik is nie. Sy raai voornemende huiskopers aan om eiendomswebwerwe dop te hou om ‘n idee te kry van die tipe eiendom waarin hulle belangstel en van die pryse van eiendom in die onderskeie woongebiede. Sy sê dit is ook belangrik om onmiddellik vir ‘n deposito te begin spaar, want hoe groter die deposito is wat jy kan betaal, hoe minder sal jou maandelikse verbandterugbetalings en algehele langtermynkoste wees. As man en vrou dus albei werk, beteken die dubbel inkomste dubbel die kans om vir ‘n verband te kwalifiseer. “As jy wel kies om ‘n eiendom saam met ‘n vennoot of vriend te koop, maak seker dat jy ‘n kontrak opstel om beide van julle te beskerm in die geval van ‘n argument, die verkoop van die eiendom, of die afsterwe van een van die partye,” sê Wessels.

Jou maandelikse begroting

Wanneer ‘n belegging soos om ‘n eiendom te koop, oorweeg word, is dit tyd om jou maandelikse begroting en finansiële situasie op ‘n veel holistieser wyse te beskou, meen Wessels. “Oorweeg besparing op ander gebiede, soos om jou motor af te gradeer of om ‘n paar luukses uit die begroting te sny waarsonder jy vir ‘n jaar of twee kan klaarkom. Wanneer jy uiteindelik jou droomhuis gevind het, is dit tyd om ‘n aanbod te maak en ‘n bank vir ‘n lening te nader om die koopprys of ‘n gedeelte daarvan te verseker. Hoe jonger jy is wanneer jy jou eerste huis koop, hoe vinniger kan jy huisverband afbetaal, sodat jy nie huisskuld het as jy die dag aftree nie.    

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button