NewsNews

’n Naweek van kuns op die Vaal se oewer

’n Naweek van kuns op die Vaal se oewer

 

Van die kunstenaars wat jy die naweek hier in Parys kan ontmoet en sien werk, sluit in die besonder talentvolle muurskilder, graffiti en straatkunstenaar Strange Harvest.

Parysenaars kry hierdie Saterdag, 18 Desember geleentheid om ‘n verskeidenheid van kuns te sien wanneer talentvolle kunstenaars by Egweni River Lodge aan die Vaalrivier se oewer aan die werk sal wees. Van die kunstenaars wat jy die dag hier kan ontmoet en sien werk, sluit in die besonder talentvolle muurskilder, graffiti en straatkunstenaar Strange Harvest. Strange Harvest is bekend vir gebou skilderwerk in Kaapstad, Durban en Johannesburg. Vir Parys is dit ’n groot eer om dié kunstenaar se werk hier te kan sien.
So ook die talentvolle Graffiti skrywer, Drake en sy span, Top2 wat veral bekend is vir graffiti-kuns in Johannesburg, en ook deel vorm van die Johannesburg graffiti toere, asook die muurskilder Riot. Dan is daar ook die landkunsskilders Gail Scott Wilson, bekend vir haar “magic trees”, en Erika Rudle. Uitsonderlike kunstenaars in eie reg.
Kom kuier saam van 08:00 tot 15:30 en geniet hierdie fees van kuns op die ongelooflike mooi terrein waar elke eerste Saterdag van die maand ook Hartelus-mark gehou word.
Saterdag 18 Desember sal daar ‘n spesiale Kersmark van 09:00 tot 15:00 by die Hartelus-markterrein wees waar jy rustig kan piekniek hou langs die Vaalrivier, jou Kersinkopies kan doen by ‘n verskeidenheid van kuns- en handwerkstalletjies, en die ongelooflike kunstenaarstalent kan beleef.
Maar dit is nie al nie. Bring jou viervoet vriend en sommer die hele familie vir die ArtDog pret op Sondag, 19 Desember vanaf 09:00 wanneer die dorp letterlik rooi geverf word deur hondepote wat hul eie stempel gaan afdruk vir ‘n besondere kunswerk.
Die ArtDog pret begin by die heldergeverfde betonmuur in Boomstraat.

 

 

Daar is baie pryse te wen – die hond en eienaar wat die oulikste aangetrek is vir die dag, die beste honde-kunstenaar en selfs die hond wat hom/haarself die meeste geniet op die kunsuitstappie.
Daar sal genoeg verfstasies wees, stoppe vir ‘n snoephappie of twee, waterpunte en selfs swemstoppe vir wagter om lyf nat te maak
Elke hond gaan huis toe met sy/haar eie unieke kunswerk. As jy meer wil weet van dié pret, skakel vir Deon by 083 338 4234, of Karin by 083 409 9041.

 

 

Related Articles

Back to top button