News

Kakie Strachenweg weer rybaar danksy Osprey-inisiatief

Kakie Strachenweg weer rybaar danksy Osprey-inisiatief

Meer as 3 ton teer is verlede week gebruik om danksy die inisiatief van Osprey, slaggate in Kakie Strachenweg te herstel. Osprey het die koste van die teer, en die professionele kontrakteur gedra om die erg verweerde pad weer rybaar te kry vir kliënte en afleweringsvoertuie. Die haglike pad het enorme uitdagings geskep, veral met reënweer soos wat Parys die afgelope twee weke gehad het, sê Danie Cronje, eienaar van Osprey. Vragmotors wat die pad gebruik dra gemiddeld tussen 20 en 30 ton wanneer vrag vervoer word, en word die padoppervlak eenvoudig nie deur die munisipaliteit in stand gehou nie.

Hoewel verskeie organisasies hul bes probeer om slaggate in die dorp te herstel, is herstelwerk van strate in die nywerheidsgebied juis ook van kritiese belang omdat vragmotors hier moet kan beweeg om vragte op- en af te laai vir besighede wat ‘n inkomste en werksgeleenthede skep, sê Danie. Benewens die werk wat aan Kakie Strachenweg gedoen is, en waaruit die puliek in die omgewing ook sal baat vind, skraap Osprey jaarliks die Daantjie de Waal grondpad in die nywerheidsgebied.  

 

 

Die slaggate het enorme uitdagings vir veral vragmotors met vrag ingehou.

 

   

 

Verlede week is slaggate in Kakie Strachenweg danksy Osprey, deur ‘n professionele kontrakteur herstel. Die foto’s is geneem nadat die slaggate herstel is.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button