News

Huisbrand: Groot behoefte vir watertenk vir vuurvegters

Huisbrand: Groot behoefte vir watertenk vir vuurvegters

 

Terwyl ‘n bui reën verlede Woensdagaand oor die dorp uitgesak het, is ‘n huis in Grenstraat in ‘n brand vernietig. Volgens inligting was die huis nie bewoon nie, en is die brand waarskynlik deur haweloses veroorsaak. We Care het hulp op die toneel verleen, maar is daar tans ‘n dringende behoefte aan ‘n watertenk waar vrywilligers wat gereeld help met brandbestryding in noodgevalle soos hierdie, hul vuurvegters kan volmaak. Indien daar mense in die gemeenskap is wat kan help met skenkings vir ‘n watertenk wat op ’n sentrale punt in die dorp geplaas kan word, kan Wynand van We Care by 082 629 1553 gekontak word.

Foto’s We Care

Related Articles

Back to top button