![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/116/2021/12/doctor-character-medical-people-hospital-animated_40876-1591.jpg)
- Vlieëniers
Pharma Dynamics het aanlyn meningsopnames gedoen onder byna 2 000 respondente wat in Suid-Afrika woon en werk om werkverwante stres wat op verskeie stressnellers gebaseer is te meet. Hierdie faktore het ingesluit die geestelike en fisiese eise van ʼn werk, spertye, hoeveel gereis moet word, die lengte van werkdae, blootstelling aan openbare beoordeling, die hantering van konflik, en oor die algemeen watter tipes risiko’s met verskeie beroepe gepaard gaan. Die aanlyn werkverskaffingsdiens CareerCast het soortgelyke navorsing in die VSA gedoen en vlieëniers (saam met lugverkeerleiers) was ook onder die boonste tien. Handelsvieëniers verskyn gereeld op lyste van die stresvolste werke, om verstaanbare redes. ʼn Toerustingfout of weernoodtoestand kan almal aan boord die vliegtuig in gevaar stel sonder dat die vlieënier ʼn fout gemaak het,” skryf Linda Brisnon van HowStuffWorks.
- Mediese beroepsmense
Mense maak staat op dokters en ander mediese personeel vir hul gesondheid en dikwels kom dit neer op ʼn kwessie van lewe of dood. Hulle werk dikwels met mense se emosies en verlies en werk mal ure. “Sjirurge moet ongelooflik presies wees – dikwels vir ure aaneen. Psigiaters luister na ander mense se probleme, in die wete dat hulle nie altyd kan help nie. Mediese interns werk hard, dikwels sonder genoeg slaap. Verpleegsters en andere wat met terminaal siek pasiënte werk, ondervind groot emosionele stres.”
- Nuusverslaggewers
Met die swaard van afskaling, kompetisie en spertye wat voortdurend oor hul kop hang, is nuusverslaggewers se verflenterde senuwees nie ʼn verrassing nie. Die werk het lang en onvoorspelbare ure en hulle is nooit regtig van diens nie. Misdaadverslaggewers word gereeld aan afgryslike en tragiese gebeure blootgestel. Die bedryf ondergaan ook groot veranderinge omdat digitale media die gedrukte media ontwrig. Werkonsekerheid is ʼn konstante bedreiging.
- Korporatiewe bestuur
Brinson sê hoewel die kasjet en belonings van hierdie werke baie begeerlik kan lyk, is daar ʼn baie gewigtige persoonlike prys aan verbonde – veral tydens die Covid-19-era waartydens besigheid baie taaier was as voorheen. “Die ure is waarskynlik baie lank, en wat na ontspanning lyk, is dikwels netwerking. Die mededinging met ander korporasies en met kollegas kan dodelik wees. Van die ander beroepe wat ook onder die top tien tel, is: haarkappers, boere, rolprentregisseurs, polisiebeamptes, uitvoerende hoofde van maatskappye en sangers.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/116/2021/12/Repmetco-Gazette-Digital-Advert-Steel-V1-1-520x265.jpg)
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/116/2021/12/Add-4-1-scaled-5-520x368.jpg)