News

VVA en Bumble Tots Montessori doen dit weer

VVA en Bumble Tots Montessori doen dit weer

Vanjaar is die tweede jaar dat Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) en Bumble Tots Montesorri hande vat om saam ‘n verskil te maak in die gemeenskap. Net soos verlede jaar, was die fondsinsamelingsprojek ‘n groot sukses. Fantastiese pryse kon gewen word en selfs die kleuters is beloon vir die vorms wat die mooiste versier was. Die skool en VVA sê dankie aan al die borge en ouers vir hul ondersteuning. Spesiale dank ook aan die onderwyseresse vir hul spangees en dryfkrag met die onderwyser-kompetisie. Die fondse wat met die projek ingesamel is word gelykop verdeel tussen die skool en die VVA.
Die skool se fondse is verlede jaar gebruik om veiliger parkering te skep vir die ouers van kleuters van Bumble Tots Montessori.
Vanjaar sal die fondse eerstens aangewend word vir nuwe matrasse, en die oorblywende fondse om die speelterrein op te knap. VVA se gedeelte sal aangewend word om nood in die gemeenskap te verlig, veral oor Desember en Januarie.

 

 

Related Articles

Back to top button