NewsNews

Verkeerschaos in hoofstraat ná ongeluk op N1

Die hoofstrate van Parys en Vredefort was Vrydagoggend ‘n verkeersnagmerrie met veral swaarvoertuie wat via die R59 deur die dorpe herlei moes word ná ‘n vragmotorongeluk op die N1 buite Kroonstad. Die vragmotors het tydens die ongeluk aan die brand geslaan en moes die pad gesluit en verkeer herlei word.     Die vragmotorongeluk op …

Die hoofstrate van Parys en Vredefort was Vrydagoggend ‘n verkeersnagmerrie met veral swaarvoertuie wat via die R59 deur die dorpe herlei moes word ná ‘n vragmotorongeluk op die N1 buite Kroonstad.

Die vragmotors het tydens die ongeluk aan die brand geslaan en moes die pad gesluit en verkeer herlei word.  

 

Die vragmotorongeluk op die N1 Vrydagoggend. Foto: We Care Telegram-groep

Met die verkeerslig op die h/v Breë en Van Collerstraat in Parys wat steeds buite werking is, het dit verkeersvleoei verder bemoeilik.  

Die Ngwathe munisipaliteit het boonop al vir meer as 4 jaar nie meer ‘n munisipale verkeersafdeling nie wat in gevalle soos hierdie kon help nie.

Dit nadat ‘n reddingsboei vroeër deur die Vrystaatse provinsiale regering uitgegooi is na die munisipaliteit om die munisipale verkeersbeamptes en biblioteekpersoneel te kon oorskuif na die provinsiale betaalstaat om die finansiële las vir die munisipaliteit ligter te maak. Hoewel dit bedoeling van die aanvanklike voorstel nooit was om die munisipale verkeersafdeling tot niet te maak nie, en verkeersbeamptes steeds sou moes help met munisipale verkeerstake, het die besluit toe inderdaad  ‘n baie negatiewe nadraai vir Ngwathe gehad.

Provinsiale verkeersbeamptes kry hul opdragte van provinsie wat hul salarisse betaal, en is die implikasie dat die munisipaliteit gevolglik nie beheer het oor verkeersbeamptes of die opdragte wat hulle moet uitvoer nie.

Dit terwyl munisipale verkeersbeamptes ook ‘n inkomste vir die munisipaliteit in die verlede kon inbring en kon omsien na verkeerskwessies soos afwesige en verbleikte verkeerstekens en padmerke.

So is die paaltjies wat verkeers deurgang by die dorpsplein voor Checkers vanaf Kortstraat kant verhinder het, ook intussen gesteel en net nie weer vervang nie. Gevolglik het dit ‘n deurry geword waarop motoriste wat hier parkeer nie bedag is nie.    

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button