NewsNews

Wilna Adriaanse se nuwe spanningsroman: ”Vlug”

Die ideale geskenk of Kersgeskenk

  Vir diegene wat die vakansie na lekker leesstof of na die ideale Kersgeskenk vir ‘n familielid soek, is Wilna Adriaanse se splinternuwe spanningsroman, ”Vlug”, nou beskikbaar. Na ’n groot persoonlike tragedie in Suid-Afrika beland veearts Milla Roux by ’n rehabilitasiesentrum vir sjimpansees in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Dit word vir haar ’n toevlugsoord en sy stort hart en siel in haar werk. Sy glo hulle kan ’n wesenlike verskil maak in die voortbestaan van ’n spesie waarvan die getalle drasties krimp. Wanneer ’n skermutselings tussen regeringstroepe en rebelle-organisasies van die hele omgewing ’n gevaarsone maak, is ook die rehabilitasiesentrum in die kruisvuur. ‘n Gewonde Milla moet met drie klein sjimpansee-wesies op die vlug slaan, vergesel deur die enigmatiese Graham Saunders van Médecins Sans Frontières, wat van sy eie problematiese verlede probeer ontsnap. Bestel ”Vlug” by goeie boek- en aanlynwinkels. Dit is ook as e-boek beskikbaar. Meer inligting is op die webtuiste:https://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780624092605.  

 

Related Articles

Back to top button