NewsNews

Voetseer gesoek vir Kersgeskenke – hier’s die antwoord

Voetseer gesoek vir Kersgeskenke - hier’s die antwoord

As jy nie lus is vir die gebruiklike Kersstormloop in winkels nie, en jou beursie boonop leeg dié tyd van die maand, hoef jy nie verder te bekommer oor wat om onder die Kersboom te sit nie. Die jaarlikse Parys Kers- en Kunsmark het vanjaar nie minder nie as 66 uitstallers – 11 meer as verlede jaar, en begin reeds dié Saterdag 11 Desember. Dit is die moeite werd om te gaan kyk!

Jy sal verbaas wees watter oulike geskenke hier te kry is – selfs vindingryke herwinningsidees wat beslis sal sorg vir daardie iets anders. Bekostigbare en besondere Kersgeskenke met onder meer van herwinde staalplafon produkte, vlekvrye staal eetgerei, herwinde aluminiumdekor, syskerm stensils en kunsbenodigdhede, handgemaakte leeritems vir mans, en selfs unieke glasjuwele en handgeverfde kombuis artikels, pragtige kaasborde en keramiekprodukte.

Die mark is oop van 11 tot 22 Desember by die kerksaal van die NG gemeente Parys-Wes, h/v Kort- en Grensstraat. Marktye is 09:00-17:30. Daar is ‘n teetuin in die pragtige kerktuin waar jy rustig kan sit en jou Kerskopies beplan.    

 

   

Related Articles

Back to top button