![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/116/2021/12/20211201_183846-780x470.jpg)
Selfverdediging is ‘n vaardigheid wat jy kan bemeester – of jy oud en krom is, jonk en soepel, of lank laas geoefen. Dit het dié Parysenaars onlangs bewys toe hulle ‘n selfverdedigingskursus onder leiding van instrukteurs Kobus Grobler en Sonja van Rhyn, voltooi het.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/116/2021/12/20211201_183846-scaled.jpg)
Elkeen van die studente het met die twee maande kursus basiese selfverdedigingstegnieke geleer, of net weer hul kennis afgestof, wat in ‘n situasie van nood dalk net jou lewe kan red. Al onthou jy net ‘n paar selfverdedigingstegnieke, het jy reeds ‘n voorspring. Boonop is dit nie moeilik nie en verg ook nie besondere fiksheid nie,” sê Sonja. Die kursus word al vir etlike jare in Parys aangebied. Kobus en Sonja het met die kursusse begin omdat hulle mense met dié vaardigheid wou toerus in ‘n samelewing waar misdaad ‘n daaglikse realiteit geword het. Hulle sien dit as hul manier om ‘n positiewe verskil in die gemeenskap te maak. Die kursus is vir mans, dames en kinders. As jy belangstel om die volgende kursus by te woon, skakel Sonja by 082 327 4250.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/116/2021/12/20211201_183958-scaled.jpg)