NewsNews

‘Rustig nou,’ sê rowers voor hul die pad vat

Die polisie het teen druktyd steeds na die aanvallers van Craig Vlok gesoek wat verlede week by sy huis in ‘n meenthuiskompleks in Kortstraat aangeval is. Volgens Craig het hy in die vroeë oggendure wakker geskrik toe sy kamerlig aangeskakel is. Drie gewapende mans met klapmusse was toe reeds in die slaapkamer. Dit het later …

Die polisie het teen druktyd steeds na die aanvallers van Craig Vlok gesoek wat verlede week by sy huis in ‘n meenthuiskompleks in Kortstraat aangeval is.

Volgens Craig het hy in die vroeë oggendure wakker geskrik toe sy kamerlig aangeskakel is. Drie gewapende mans met klapmusse was toe reeds in die slaapkamer.

Dit het later geblyk dat hulle toegang tot die huis verkry het deur die diefwering by een van die vensters te buig. Volgens Craig het twee messe by hulle gehad, en die derde ‘n pistool wat op hom gerig was. Hulle wou geld, juweliersware en vuurwapens hê. ‘n Struweling tussen hom en die rowers het gevolg, waarop hy ‘n kopwond en steekwonde onder sy knieg en by sy enkel opgedoen het. Die mans het sy hande en voete toe met sy skoenveters vasgemaak en hom in die slaapkamer gelos. Hy is selfs aangesê om kalm te wees met die woorde, “Rustig nou,” voordat hulle die pad gevat het.

 

Die mans het met van sy klere, skoene, twee televisiestelle, ‘n radio en klankstelsel, skootrekenaar, twee polshorlosies, sy selfoon en beursie asook sy Mazda 3 gevlug wat onder ‘n afdak geparkeer was.

Daar was vermoedelik nie plek vir sy mikrogolfoond in die motor nie, en het die mans dit onder die afdak gelos. Die motor is enkele ure na die voorval in Sasolburg gekry.

Craig het nadat die mans gery het op sy boude geskuif-rol tot by ‘n buurvrou se stoep waar hy om hulp geroep het. Sy het sy ouers en die polisie gebel. Craig is by die Parys-hospitaal vir sy wonde behandel en het teen Dinsdag goed aangesterk.  

 

 

Related Articles

Back to top button