NewsNews

Dit reën!

Dit reën!

 

Hoewel die reën later as verlede jaar dié tyd vir boere in die distrik geval het, was die afgelope paar dae se goeie reën ‘n baie welkome gesig en kan daar geplant word. Boere hoop nou vir goeie opvolgreën.

In Parys is daar van 1-5 Desember alreeds 125mm reën gemeet en dit reën steeds. Die dorp se reënvalsyfer vir November was in totaal 116mm. In die Vredefort-distrik is daar van 1-6 Desember 136mm gemeet en in die Koppies-distrik 94mm.  

Die foto van die Renosterrivier is Maandagmiddag deur Barry Coetzee by die pompstasie geneem.

By Weiveld is daar 86mm gemeet vir November, wat 100mm minder was as in 2020. Oktober se syfer vir Weiveld was ook minder as in 2020, maar van 1-6 Desember was daar groot vreugde oor die 140mm se genadereën wat oor 8 000ha geval het, vertel Devina Dannhauser.

Vir ’n tweejarige is plaaspaaie waar die water nog Dinsdag geloop het soos riviere beslis ’n groter trekpleister as om skool toe te gaan. Dit het mooi gepraat gekos om klein Frederik terug in die bakkie te kry vir skool toe daar die oggend op die Skietkop-pad eers gestop moes word om beeste terug te jaag in die kamp. Foto: Verskaf

  Die Vaaldam was teen Dinsdag 83,5% vol.  

 

Related Articles

Back to top button