NewsNews

Dis nagmark in Parys dié naweek – kom kuier saam

  Is jy ook al moeg vir by die huis sit en smag na ‘n bietjie uitkom? Soek jy na iets lekker en opwindend om te doen en die kinders besig te hou die vakansie – of wil jy sommer net in die vakansie- en Kersstemming kom? Dan is die #MyParys Nagmark hierdie Saterdag, 11 …

 

Is jy ook al moeg vir by die huis sit en smag na ‘n bietjie uitkom? Soek jy na iets lekker en opwindend om te doen en die kinders besig te hou die vakansie – of wil jy sommer net in die vakansie- en Kersstemming kom? Dan is die #MyParys Nagmark hierdie Saterdag, 11 Desember, beslis die plek om te wees ! Kom beleef Parys se hoofstraat getooi in liggies, musiek en die ene bedrywigheid tot laat. Trek jou tekkies aan, vat ‘n rugsak en kom drentel rustig deur die besondere winkels wat Parys aan sy inwoners en besoekers bied. Wie weet jy kry dalk net daardie iets anders vir iemand spesiaal vir Kersfees.

Of dalk is dit sommer net die geleentheid om jouself ‘n bietjie te bederf by die dorp se unieke restaurante. Kom skop jou skoene uit en kom kuier saam met vriende en familie. Dit is ‘n atmosfeer wat jy nie kan beskryf nie – Paris in die Vrystaatse Parys.

Die mark is die inisiatief van Parys Sakeliga en word gehou van 17:00 tot laat. Dit is heeltemal gratis en ‘n dorpsinisiatief om ná ‘n tawwe jaar net weer toerisme ‘n hupstoot te gee en die dorp te bemark. Parys en sy sakelui het jou ondersteuning nodig. Van Droomvrou en Pine’s Antiques op die draai  regdeur tot anderkant Lekker Bistro verby in Breëstraat, kan jy koop, kuier en beleef.

Die straat sal tussen The Ugly Duckling tot by Steers gesluit wees vir die feestelikheid, maar onthou dit sal die ene bedrywigheid wees hoofstraat, nie net die toegemaakte gedeelte nie. Almal is welkom.

Kom kuier saam. Alle Covid-regulasies sal geld. As jy nog stalletjie-spasie wil bespreek moet jy gou spring.

WhatsApp  na 083 929 6847 vir stalletjie navrae.  

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button