NewsNews

Italiaanse man probeer Covid-inenting systap met fop rubberarm

Hy het met 'n plan in sy mou, probeer om met rubberarms onder sy klere, vir die Covid-19 inenting te gaan.

‘n Tandarts in Biella, Italië, het verlede week probeer om letterlik en figuurlik die koue skouer vir die Covid-19 inenting te gee.

Hy het met ‘n plan in sy mou, probeer om met rubberarms onder sy klere, vir die Covid-19 inenting te gaan.

Die idee was dan dat die naald nooit sy vel sou bereik nie en sodoende sou hy valslik as “ingeënt” verklaar word.

Die op en wakker verpleegster, Filippa Bua, het wel iets vreemd begin agterkom toe die man se foparm koud en ‘n vreemde kleur was.

Die man het aan die New York Times bevestig dat hy die Covid-19 inentings-sertfikaat wou ontvang, sonder dat hy moes ingeënt word.

Hy moes die sertifikaat kry om te kon werk, volgens Italië se Covid-19 inentingsmandaat.

Bron: Huffpost.com

Related Articles

Back to top button