News

Hier is die gewildste name vir honde in 2021

Hier is die gewildste name vir honde in 2021

Die Amerikaanse webtuiste, Rover.com, het onlangs ‘n opname gedoen om te kyk wat die gewildste hondename in 2021 is.

 

Wonder jy wat jy jou geliefde hondjie moet noem? Is dit dalk iets tradisioneel soos Fluffy, Wagter of Vlekkie of iets meer modern soos Vader, Oreo of Thor? Die Amerikaanse webtuiste, Rover.com, het onlangs ‘n opname gedoen om te kyk wat die gewildste hondename in 2021 is.

 

Volgens hierdie opname is Bella die bekendste naam vir ‘n tefie en Max vir ‘n reun. Sommige eienaars het ‘n buite-die-boks benadering gebruik en hondename uit huidige tendense gekies soos “Pfizer”, “Fauci” of “Zoom.”

 
 

In Suid-Afrika kan eienaars miskien hulle nuwe hondekinders “Cyril”, “Rassie” of “Tatyana” doop as ‘n mens na die nuusmakers vanjaar in ons land kyk! ‘n Mens wonder nogal wat die bekendste hondename in Parys kan wees?

*Laat weet ons gerus wat jou hond se unieke naam is en stuur ‘n foto na gazettenuus@gmail.com dan publiseer ons dit op ons webblad.  Rover.com opname:
 
Top 10: Tewe

  1. Bella
  2. Luna
  3. Lucy
  4. Daisy
  5. Zoe
  6. Lily
  7. Lola
  8. Bailey
  9. Stella
  10. Molly

Top 10: Reuns

  1. Max
  2. Charlie
  3. Cooper
  4. Buddy
  5. Milo
  6. Bear
  7. Rocky
  8. Duke
  9. Tucker
  10. Jack

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button