News

Sprekers gesels oor die skepping

Sprekers gesels oor die skepping

Het God geskep, of het lewe spontaan ontstaan en blindelings evoleer? Was daar ‘n wêreldwye vloed? Waar pas dinosourusse in die Bybel? Waar kom al die rasse vandaan?

Indien jy ooit oor een van die vrae gewonder het, word jy uitgenooi na Creation Ministries International (CMI) se skeppingseminaar Saterdag, 4 Desember by Every Nation gemeente in Buitenstraat 24, Parys. Die seminaar begin om 09:00 en bestaan uit drie praatjies: Die eerste handel oor hoekom Genesis se skeppingsverhaal belangrik is vir die evangelie en ‘n morele samelewing, in teenstelling met die gevolge van ‘n bloot evolusionistiese lewensbeskouing.

Die tweede handel oor geologie, en die oorsprong van die idee dat die aarde miljarde jare oud is. Is dit egter so, en wat is die bewyse? Die derde handel oor die oorsprong van menslike ‘rasse’ en kulture, wat ‘n warm onderwerp in Suid-Afrikaanse (en wêreldkonteks) is.

Die gassprekers is Pieter le Roux van CMI en Johan Smit, plaaslike geoloog. Die seminaar is gratis en almal is welkom. Daar sal ook ‘n boektafel wees met verskeidenheid boeke en DVD’s vir oud en jonk. Vir navrae, skakel Johan by 083 204 4674.      

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button