NewsNews

‘n Troeteldier in jou sterre?

Het jy al ooit gedink dat jou sterreteken jou by die perfekte troeteldier kan bring?

Verskeie mense gebruik hulle sterretekens om ‘n potensiële pasmaat te vind.

Maar het jy al ooit gedink dat jou sterreteken jou by die perfekte troeteldier kan bring. ‘n Dierskuiling in Los Angeles, Wags and Walks Adoption Centre, gebruik sterretekens om diere by moontlike eienaars te pas.

Omdat die geboorte van meeste van die diere onbekend is, het personeel by die skuiling die diere se persoonlikheidseienskappe gebruik om sterretekens aan hulle toe te ken.

Banana, byvoorbeeld is ‘n “energieke, Chihuhua wat werklik ‘n aandagvraat is. Soos enige Leeu hou sy van die fyner dinge in die lewe. Sy sal die beste pasmaat vir enige Ram, Weegskaal, Tweeling of Boogskutter wees,”

Volgens Reuters, het die hoeveelheid diere wat aangeneem was, sedert middel Oktober met 20 persent gestyg.

In Potchefstroom kan diere by Paws (Potchefstroom Animal Welfare Society aangeneem word.

Related Articles

Back to top button